Cannes-rolprentfees 2014

  Cannes-rolprentfees 2014 

Datum 14-25 Mei 2014
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Lambert Wilson
Getal prente  18 (In Kompetisie)
20 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Grace of Monaco
Afsluitingsfliek  A Fistful of Dollars
Palme d'Or  Winter Sleep

Die 67ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2014 gehou.[1] Die Nieu-Seelandse regisseur Jane Campion was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2] Die Franse akteur Lambert Wilson was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie.[3][4] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon.

Die Turkse rolprent Winter Sleep, met Nuri Bilge Ceylan as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[5][6] Die fees is geopen met Olivier Dahan se Grace of Monaco, met Nicole Kidman in die rol van Grace Kelly. Dit is buite kompetisie vertoon.[7][8] Die afsluitingsfliek was die gerestoureerde 4K-weergawe van Sergio Leone se western van 1964, A Fistful of Dollars.[9][10]

  1. "Cannes Film Festival". Cannes (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 12 Desember 2013.
  2. "Jane Campion to preside over Cannes Film Festival jury". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op 7 Januarie 2014.
  3. "Lambert Wilson Tapped To Emcee Cannes Film Festival". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 4 April 2014.
  4. "Cannes: French Actor Lambert Wilson to Serve as Master of Ceremonies". Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 4 April 2014.
  5. "Cannes 2014: Winter Sleep wins Palme d'Or". BBC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 25 Mei 2014.
  6. "Awards 2014 : Competition". Cannes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2016. Besoek op 25 Mei 2014.
  7. "'Grace of Monaco' to Open Cannes Film Festival". Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 24 Januarie 2014.
  8. "Grace of Monaco by Olivier Dahan to open the 67th Festival de Cannes". Cannes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 25 Januarie 2014.
  9. ""A Fistful of Dollars" Chosen as Closing Film at Cannnes; Tarantino to Introduce Film". Cinemaretro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2015. Besoek op 25 Mei 2014.
  10. "Cannes: Quentin Tarantino To Host Closing-Night Screening Of Sergio Leone's 'A Fistful Of Dollars'". Deadline (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2014. Besoek op 25 Mei 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy